Local newsNews

Inwoners briesend oor beseerde kat

’n Groep die­re­lief­heb­bers van Be­la-Be­la soek ge­reg­tig­heid na­dat ’n erg be­seer­de kat op Vry­dag 28 Fe­brua­rie in Gil­fill­ans­traat ge­vind is.

Graeme Al­berts, ’n in­wo­ner, het aan Die Pos ge­sê hy het by sy bu­re bewerings ge­hoor van ’n in­wo­ner wat glo op dié dag ’n kat met ’n graaf ge­slaan het.

Die be­seer­de kat is deur die bu­re ge­vind waar die dier vas­ge­vang was in een van die ga­pings van ’n na­bygeleë wo­ning se pa­li­ssa­de­hei­ning.

Al­berts het ge­sê dr. Ma­rius du Toit, plaas­li­ke vee­arts, is ge­kon­tak. Die kat het glo erg ver­wil­derd voor­ge­kom toe Du Toit op­ge­daag het.

“Die kat is vir X-stra­le ge­neem waarna ’n wind­buks­koe­ël in die kat se rug­string ont­dek is,” het Al­berts ge­sê. “Die X-stra­le het ook ge­toon dat daar be­se­rings aan die lin­ker­kant van die kat se lyf was wat vermoedelik deur die graaf veroorsaak is. On­ge­luk­kig was die kat se toe­stand só beroerd dat die dier van kant gemaak moes word.”

Al­berts sê hy het probeer om ’n klag by die Be­la-Be­la-po­li­sie te lê, maar daar is aan hom ge­sê dat die eie­naar van die dier self die klag moet lê.

Dit is ingevolge die na­sio­na­le vuur­wa­pen­wet on­wet­tig om ’n wind­buks in ’n woongebied af te vuur en straf­reg­te­li­ke stap­pe kan teen oorteders gedoen word.

Al­berts sê hy sien hier­die voor­val in ’n baie ern­sti­ge lig, om­dat hy en sy ge­sin se kat­te ook al deur­ge­loop het. Hy het gesê hy het self al in die verlede van sy katte met wind­buks­koe­ëls in hul ly­we na die die­re­kli­niek gebring vir be­han­de­ling.

Al­berts vra dat die eienaar van die kat hom bel by tel. 083 302 8646.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button