Local sportSport

Laerskool Thabazimbi-atlete vaar puik

Laerskool Thabazimbi het op Woensdag 26 Februarie aan die provinsiale atletiekkampioenskap in Polokwane deelgeneem en verskeie atlete het medaljes verower.

Van hierdie atlete het ook gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse-atletiekkampioenskap deel te neem.

 

Hierdie atlete het gekwalifiseer om later vanjaar aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap deel te neem. Voor staan Mica Röhrs (gewigstoot), Gawie Grobler (1 200 m) en HJ Koekemoer(150 m hekkies). Agter staan Johanné Schutte (afrigter), Waylen Swarts (100 m en 150 m) en Carli Fouché (skyfwerp).

 

Waylen Swarts het sy skool baie trots gemaak deur eerste plekke te behaal in die 100 m en 150 m-wedlope vir seuns o.12. Hy het boonop twee provinsiale rekords in sy onderskeie items opgestel.

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button