LettersOpinion

Ondersteuning by Interhoër was puik

“As jy ’n verskil wil maak, doen dit in jou gemeen­skap.”

William van Coller, Modimolle, skryf:

Ek het heelwat op die hart oor die pas­afge­lope Bos­veld Inter­hoër op Hoër­skool Nyl­stroom se bane.

Hierdie is ’n jaar­likse gebeurte­nis wat ’n groot invloed het en vir die gemeen­skap wat dit op ’n roterende basis aan­bied, is dit ’n groot geleent­heid. Die Nylies het hier­die geleent­heid aan­gegryp en in ’n reuse­suk­ses omskep. Baie geluk aan al die Nylies: die hoof, perso­neel, ouers, wer­kers en borge.

’n Aan­haling uit Waldimar Pelser se boek: “As jy ’n verskil wil maak, doen dit in jou gemeen­skap.”

Aan die borge, baie dankie vir julle ver­troue in ons skool en dankie dat julle julself op die spel geplaas het in ’n moei­liker eko­nomiese tyd­perk. Aan die skool en sy mense, baie geluk dat julle vir ons borge ekstra myle vir hul beleg­gings­ver­troue ge­gee het. Saam was julle die wen­span. Inder­daad: saam is ons sterker.

Die klip in my skoen is sake­onder­nemings (eie­naars) wat hul geld uit hier­die gemeen­skap wil maak en dan stuur hulle hul kinders na ’n stad­skool of sommer net elders. Ek dink dit is ver­waand om van jou gemeen­skap te verwag om jou onder­neming te onder­steun en dan jou winste (die gemeen­skap se geld) in die stad te gaan bestee.

Net iets om aan te kou:

  • ’n Boom dra sy vrugte waar hy geplant is.
  • Jou naaste skool is jou beste skool. En en as jy nie so dink nie, is daar baie werk vir jou.
  • Die spreek­woord lui: “Charity begins at home.”
  • ’n Ketting is net so sterk as wat sy swakste skakel is.Dankie aan die redak­sie van ons puik gemeen­skaps­koerant, Die Pos, vir julle gemeen­skaps­diens. Ek het per­soonlik nog net twee keer klein­adver­tensies geplaas om sekere items te ver­koop en in albei gevalle was die items in ’n jap­trap verkoop danksy dié adver­tensies.
    Julle is puik.

Related Articles

Back to top button