Local sportSport

Covid-19 laat sport in die hek duik

Die organiseerders van die Wa­ter­berg­fees-rug­by­kom­pe­ti­sie het besluit om dié saamtrek voorlopig uit te stel na­dat die Blou Bul­le rug­by-unie (BBRU) ’n ver­kla­ring uit­ge­reik het dat al­le oe­fe­ning en wed­stry­de in Lim­po­po en Gau­teng gestaak moet word.

Dit volg na­dat pre­s. Cy­ril Ra­ma­pho­sa op Son­dag 15 Maart aan­gekondig het dat Suid-Afrikaners alles in hul vermoë moet doen om die verspreiding van die Corona-virus te verhoed. Kort ná die aan­kon­diging is verskeie groot sportgeleenthede gekanselleer.

Die Wa­ter­berg­fees-rug­by­kom­pe­ti­sie is die voorloper vir die liga wat later vanjaar sou plaasvind. Altesame 11 rug­by­klubs — A­man­del­bult, die Rhi­no’s, die Kwag­gas, Marble Hall, Mo­gol, Pot­gie­ters­rus, Na­boom, Vaal­water, Ny­lstroom, Tha­ba­zim­bi en Los­kop — neem aan dié kom­pe­ti­sie deel.

Die Kwag­ga-rug­by­span van Be­la-Be­la en die span van Marble Hall rug­by­klub het op Sa­ter­dag 14 Maart by Hoër­skool Warm­bad krag­te ge­meet. Aanvanklik was die reëling dat hul op Amandelbult sou speel.

Die Kwag­gas het Marble Hall met 19-10 ge­klop. Afrigters en spelers was dit eens dat hulle vol moed vir die nuwe seisoen is, aangesien hul spankombinasies goed werk.

Die BBRU het on­ge­luk­kig die Kwag­gas se mo­men­tum gestuit deur voor­lo­pig al­le plaas­li­ke rug­by-oe­fe­ning­e en wed­stry­de tot Dins­dag 14 A­pril op te skort.

Die BBRU het spe­lers aan­ge­raai om steeds op hul eie te oe­fen en fiks te bly. Af­rig­ters sal ongeveer twee we­ke ná 14 A­pril weer met span­oe­fe­ning­e mag be­gin. Wed­stry­de sal na ver­wag­ting op Sa­ter­dag 25 A­pril kan afskop.

Al­le ver­ga­de­rings tus­sen die u­nie en die on­der­skei­e klubs wat be­plan is, is ook uitgestel tot verdere kennis­gewing.

  • Mar­na van der Mer­we, sport­koör­di­neer­der van Hoër­skool Warm­bad, waar die mees­te sport­bedry­wig­hede in Be­la-Be­la plaas­vind, het by navraag aan Die Pos gesê die skool se be­heer­lig­gaam het be­sluit dat geen sport­ak­ti­wi­tei­te tot ver­de­re ken­nis­ge­wing by die skool mag plaas­vind nie.
    Die Kwag­ga-rug­by­klub­be­stuur het teen druktyd gesê hulle beplan ’n nood­ver­ga­de­ring in die komende week.
  • Die Co­ro­na-vi­rus­uit­braak het duisende sportmanne en -vroue se plan­ne en voorbereiding in die wiele ge­ry.
    Die bestuur van die 5150-drie­kamp­by­een­komste wat landwyd (en plaaslik in Bela-Bela) beoog word, raai deel­ne­mers en vry­wil­li­gers wat simp­to­me van die siek­te er­vaar aan om me­die­se hulp te verkry. Wedlope is nié ampte­lik gekansel­leer nie, maar die orga­niseerders raai deel­nemers aan om die media dop te hou vir die moont­like aan­kon­diging van nuwe datums.
  • Die Warm­bad-ma­ra­thon­klub het ook voorlopig alle beoogde pret­lo­pe ge­staak na­dat At­le­tiek Suid-Af­rika (ASA) ook op Maan­dag 16 Maart be­kend ge­maak het dat al­le wed­lo­pe tot Dinsdag 14 A­pril af­ge­las moet word.

Meer in­lig­ting sal bekend wees nadat dié 30 dae tyd­perk ver­stryk het.


  • Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

Related Articles

Back to top button