Ander openbare geriewe van die munisipaliteit soos die Multi Purpose Centre, die verkeersafdeling, asook die gemeenskapsaal in die township, sal na verwagting dieselfde maatreëls instel.
Munisipale amptenare en personeel is aangeraai om maskers en handskoene te dra wanneer hulle met die publiek of met mekaar in kontak is. Hande moet gereeld gewas of gesteriliseer word.
Besoekers aan die munisipale kantoor word sedert Maandag by die ingang van die munisipaliteit voorgekeer waar amptenare hulle wys hoe om hul hande te steriliseer voordat hulle die gebou betree.
Talle inwoners het egter aan Die Pos gesê hulle is bekommerd dat die ernstige watertekorte wat die afgelope week in die dorp ondervind is, dié poging in die wiele kan ry.
Jeremiah Ngobeni, burgemeester, het in reaksie gesê indien daar onbeplande watertekorte ervaar word, sal die munisipaliteit waterpunte of watertrokke vir die publiek beskikbaar stel totdat die probleem opgelos is.
- Pres. Cyril Ramaphosa het die land op Sondag 15 Maart toegespreek en onder meer gesê samekomste van 100 of meer mense word verbied as maatreël om die siekte te help bekamp.
Kabelo Mosito, munisipale woordvoerder, het in reaksie gesê openbare deelnameprosesse, soos die munisipale geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) se beoogde beplanningsvergaderings in April, kan deur dié aankondiging geraak word. Die GOP fokus op elke wyk se behoeftes, soos dringende instandhouding, wat deur die munisipaliteit hanteer moet word.Die munisipaliteit se uitvoerende komitee vergader later vandeesweek om munisipale werksaamhede te bespreek. Geleenthede soos die beoogde Menseregtedag-vierings is ook in die weegskaal, het Mosito gesê.
- Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.



