LettersOpinion

VF Plus verwelkom maatreëls om gevreesde virus te beveg

 Die verbod op reis na sekere buite­landse bestem­mings, die verbod op sekere same­komste, byeen­komste wat gekansel­leer is en die slui­ting van lands­grense en skole word verwel­kom.

Dr. Pieter Groene­wald, Vry­heids­front Plus-leier, skryf:  

Die VF Plus ver­wel­kom die maat­reëls wat pres. Cyril Rama­phosa aange­kondig het om die ver­sprei­ding van die Covid 19-­virus in Suid-Afrika te beveg en doen ’n beroep op alle Suid-Afri­kaners om saam te staan in die aan­gesig van ’n siekte wat ramp­spoe­dige gevolge vir die land en die wêreld kan inhou.

Die verbod op reis na sekere buite­landse bestem­mings, die verbod op sekere same­komste, byeen­komste wat gekansel­leer is en die slui­ting van lands­grense en skole word verwel­kom.

Die VF Plus het sedert Januarie 2020 ver­soek dat daar vroeg­tydig opge­tree moet word en het hier­die ver­soek en hierdie stand­punt in die parle­ment ge­huldig.

Hierdie optrede is proak­tief om Suid-Afri­kaners teen die virus te be­skerm en moet daarom verwel­kom word. Die versprei­ding van die virus word be­perk deur die bewe­ging van mense in te perk en om ’n ver­bod op groot same­komste of byeen­komste te plaas.

Die publiek moenie nou dink dat hierdie maat­reëls Suid-Afrika oor­nag sal red van die virus, wat dode­like gevolge kan hê nie, maar dit is steeds nood­saak­lik dat daar gehoor gegee word en voortge­gaan word met per­soonlike voorsorg­maat­reëls en higiëne.

Gebeure in Amerika het getoon dat die versprei­ding van die virus drasties in­geperk is met voor­sorg­maat­reëls soos die verbod op vlugte na die buite­land, die sluit van grense en die opskor­ting van byeen­komste.

Die Suid-Afri­kaanse regering het geen keuse gehad as om die voor­beeld van ander lande te volg nie.

Indien die kabinet nie hier­die stap ge­neem het nie, sou die situasie in Suid-Afrika heelte­mal handuit kon ruk soos in Europa gebeur het en kon die land met reuse­lewens­verliese en ’n onbe­heer­bare krisis op hande gesit het.


  • Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

Related Articles

Back to top button