Die Van Zyls is reeds geslagte lank deel van die gemeenskap. Van Zyl en sy vrou, René, is kort voor 01:00 in hul kamer deur vermoedelik vier mans oorval.
Hy is vermoedelik verwurg. René kon loskom en het na die werkers se huise gehardloop vir hulp. Hulle het die egpaar se dogter, René Briel, gekontak en haar man, Kobus, en ‘n buurman, Data Strydom, het gaan help. Hulle het op Van Zyl se liggaam afgekom.
‘n Reusesoektog met polisie, veiligheidsgroepe en boere het gevolg. Helikopters het uit die lug gehelp soek en teen vroegoggend is drie verdagtes aangekeer, berig Marietjie Steenkamp. Die soektog duur steeds voort.
Slegs ‘n kamera, selfone en ‘n verkyker is vermis. Volgens n betroubare bron het hulle geld en wapens gesoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



