CrimeNews

Moordverdagtes verskyn in hof

Drie Zimbab­wiese burgers het op Maan­dag­oggend 23 Maart vlug­tig in die hof in Mook­go­phong verskyn in verband met die wrede moord op Alwyn van Zyl (78) op Vrydag 20 Maart.

Die drie ver­dagtes is aan­gekeer en in heg­tenis geneem ná die voorval op die plaas Badse­loop buite Mook­gophong.

 

Die lieflike kliphuis wat in 1886 deur die vermoorde Alwyn van Zyl se voorouers gebou is en waar hy en sy vrou, René, gewoon het.

 

Een van die verdagtes, Ugerius Saga (30), het beweer dat hy aan­gerand is en het mediese hulp gevra. Die ander twee, Loyd Mandumba (28) en Tatenda Ngwenya (32), is van Moko­pane. Hulle word onder meer van huis­braak, aanranding en moord aan­gekla.

Die vierde ver­dagte is steeds op vrye voet. Die drie moet weer op Woens­dag 25 Maart in die­selfde hof verskyn wanneer ’n vertaler wat Shona magtig is, die hof­verrig­tinge kan bywoon.
Die onder­soek duur voort.

’n Groep in­woners was in die hof, maar is ver­soek om na buite te gaan in­gevolge nuwe wetge­wing ná die Covid 19-uitbraak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button