CrimeNews

Buurt­wag­te se diens is voorlopig van die baan

Buurt­wag­te in die Be­la-Be­la-om­ge­wing sal voor­lo­pig geen ver­de­re pa­trol­lieritte onderneem nie weens die ko­ro­na­vi­rus-pan­de­mie.

Daar is ná pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging van inperking oor­een­ge­kom dat slegs ge­sond­heids­wer­kers, nooddiens­per­so­neel, die po­li­sie, ver­keers­be­amp­tes, die Weer­mag en enkele ander werkers vry­elik mag rond­be­weeg.

“Buurt­waglede is tans op by­standdiens. In­dien die po­li­sie hul­le hulp no­dig, sal die po­li­sie hul­le hulp in­roep,” het Ger­hard O­li­vier, lid van die plaas­li­ke re­ak­sie­span (RSRT) in die dorp, ge­sê.

Daar sou na ver­wag­ting toe­stem­ming deur kol. A­bel Phet­la, Be­la-Be­la-sta­sie­be­vel­voer­der, aan buurt­wag­le­de gegee word om voort te gaan met hul werk, maar vol­gens Chris Es­ter­hui­zen, voor­sit­ter van die Roo­de­kuil-, Turf­bult- en Lang­laag­te-buurt­wag (RTL), is dit nie so eenvoudig om net toestemming te verleen nie.

“Die le­de werk op vry­wil­li­ge ba­sis en omdat die meeste mense nie nou kan werk nie, sal hulle nie geld hê vir dinge soos brand­stof nie. RTL en die Ra­dium-buurt­wag se lede sal voor­lop­ig geen pa­trol­lies ry nie, maar ons sal op by­stand wees.”

Deon Beu­kes, GPF sek­tor 1-voor­sit­ter, het by na­vraag ge­sê el­ke in­wo­ner moet hul kant bring om hul ei­e vei­lig­heid te ver­se­ker ty­dens die in­per­kingstydperk.

“Men­se moet ver­staan dat hier­die in­per­king niemand toe­stem­ming gee om hul wo­nings te ver­laat om pa­trol­lies te onderneem nie. Die buurt­wag­te neem tans geen nu­we le­de in nie. Slegs die po­li­sie sal van nou af die no­di­ge wets­toe­pas­sing vir die duur van die in­per­kingstydperk han­teer.”

Hoe­wel die Weer­mag in ver­skei­e de­le van die land ont­plooi is, is nog geen sol­da­te teen druk­tyd in die omgewing ge­waar nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button