Local newsNews

Gautengers stroom deur Limpopo

Waterbergers was vanmiddag in rep en roer om finale voorbereidings te tref voordat die 21 dae lange inperkings, wat vanaand om 24:00 begin, in werking tree.

Sommige winkelrakke in Modimolle wat mieliemeel en stampmielies verkoop, was dolleeg. Die verkeersdepartement en Waterberg-distriksraad het reisigers vir koronavirussimptome by die Mantsole-weegbrug getoets en gewone winkels (nie supermarkte nie) het teen laatmiddag al hul voorraad van die rakke verwyder en hul deure gesluit.

Selfs die motorhandelaars in die dorp se vloere was leeg.

Die N1-snelweg het teen laatmiddag vir ’n verandering meer passasiersvoertuie as vragmotors gedra soos wat mense uit Gauteng deur Limpopo stroom.

Teen laatmiddag het Matome Moremi-Tauetsoala van die departement van vervoer aan Die Pos gesê hulle verwag vannag, voor 24:00, ’n toename in verkeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button