Local newsNews
Verskeie mense se hande rooi en opgeswel
Verskeie mense het Die Pos laat weet dat hulle hande rooi, opgeswel en baie geïrriteerd is van al die sanitasieprosesse wat hulle die afgelope tyd moes deurgaan.
Dit kan nadelig wees vir nooddienswerkers wat in dié tyd hul hande nodig het om mense te versorg of ander noodwerk te verrig.
Dr. Gerhard Grobler, mediese praktisyn van Bela-Bela, het by navraag aan Die Pos gesê dit is waarskynlik as gevolg die alkoholinhoud in die meeste van dié middels, maar daar is nie tans ’n veiliger alternatief as om gereeld hande te ontsmet nie.
Hy het mense aangeraai om hul hande gereeld met vogroom te bevog sodra hulle tuis en in veilige plekke is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



