CrimeNews

Man pro­beer uit sel­le ont­snap ty­dens in­per­kings­tyd

Die plasing van dié berig op Die Pos se Facebookblad is moontlik gemaak deur Electricon.

Daar was groot konsternasie by die Bela-Bela-polisiestasie toe ’n dief­stal­ver­dag­te wat daar in aan­hou­ding is, op Woens­dag 8 A­pril probeer ontsnap het.

Inwoners wat naby die polisiestasie woon, het Die Pos laat weet van ’n groot la­waai en skote wat by die stasie afgevuur word.

Kol. A­bel Phet­la, sta­sie­be­vel­voer­der, het by na­vraag ge­sê ’n ver­dag­te het pro­beer ont­snap toe be­amp­tes besig was om die aangehoudenes se kos te verskaf.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

Die ver­dag­te het die be­amp­tes ont­duik en bo-op die po­li­sie­sta­sie se dak geklouter.

Die po­li­sie moes hom met rub­ber­koeëls tot inkeer dwing en het hom weer agter die tralies besorg.

Phet­la het ge­sê die man is lig beseer tydens die voorval, maar dit was nie nodig dat hy mediese behandeling ontvang nie.


Baie dankie aan Electricon sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig niep moontlik sou wees nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button