Local newsNews

Oud-Warrie kry wéér slegte nuus

Die plasing van dié berig op Die Pos se Facebookblad is moontlik gemaak deur Radical Waters.

Terwyl die meeste mense tydens die inperkingsbevel bekommerd is oor hul geldsake, staan Zani Roos (27), ’n oudleerder van Laer- en Hoërskool Warmbad, voor ’n veel groter uitdaging te staan.

Velkanker (melanoom) is in 2016 by Zani gediagnoseer en ná intensiewe behandeling was sy in remissie.

Sy het egter op Dinsdag 24 Maart tydens ’n opvolgbesoek by die onkoloog die slegte nuus ontvang dat die kanker na haar longe versprei het.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

Omdat melanoom ’n baie agressiewe kanker is, het die onkoloog aanbeveel dat sy immuunterapie (Keytruda-behandeling) ontvang. Dié behandeling is uiters gevorderd en doeltreffend, maar baie duur. Zani het 18 behandelings nodig en elke behandeling kos ongeveer R86 000. Haar mediese fonds is nie bereid om vir die behandelings te betaal nie.

’n Fondsinsameling om vir Zani se mediese onkoste te betaal, is intussen deur haar familie begin. Mense wat graag ’n skenking wil maak of meer inligting benodig, kan ’n e-pos stuur na roos.zani@gmail.com(.)

Zani is die dogter van Pieter en Hendrina Roos, bekende inwoners van Bela-Bela. Pieter is ’n sakeman in die eiendomsbedryf en Hendrina is al jare by die Bela-Bela-munisipaliteit betrokke.


Baie dankie aan Radical Waters sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button