Local newsNews

Waterberg sakelui: ‘Ons kry swáár, maar beur voort.’

Dié wêreldwye uitbraak van die koronavirus en die gevolglike streng inperkingsmaatreëls hou nie net ’n gesondheidsgevaar in nie, maar het die ekonomie in ’n wurggreep.

Die Pos kon vir die eerste keer in ons bykans 40-jarige bestaan vir vyf agtereenvolgende weke nie verskyn nie.

Ons gesels in dié uitgawe met sakelui in ons onderskeie dorpe oor hoe die krisis hul onderskeie ondernemings raak.

Ons adverteer ook die plaaslike sakeondernemings wat wel oop is en mag sake doen.

Ondersteun hulle asseblief — dit is hulle wat werk skep en ons kleiner dorpe geldelik aan die gang hou.

Kleinsakeondernemings het ondersteuning nou nodiger as ooit tevore. Lees onderhoude binne. — Die Pos-redaksie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button