Melienke Vermaak, steratleet van Laerskool Warmbad, het in Februarie puik uitslae tydens die Limpopo-kampioenskap behaal. Sy het die verspringrekord in haar ouderdomsgroep verbeter en is tydens die distriksbyeenkoms as beste veldatleet aangewys. Die Suid-Afrikaanse kampioenskap sou in Februarie in Bloemfontein plaasgevind het, maar is weens die Covid-19-pandemie uitgestel. Intussen oefen sy kliphard op haar ouers se kleinhoewe buite Bela-Bela en hardloop daagliks saam met haar hond, Jessie.