Huis Talje, ’n versorgingsoord vir gestremdes in Bela-Bela, het ’n groot skenking van die liefdadig-
heidsorganisasie, We^Can ontvang. Die Abraham
Kriel-kinderhuis in Modimolle was ook ’n begunstigde en het broodnodige produkte ontvang. Huis Talje huisves tans 56 gestremdes en die Abraham Kriel-kinderhuis het 170 kinders in hul sorg. Op die foto saam met die skenkings is van die Talje-personeel, Carissa Tolken, Alta Nieuwoudt en Cindy de Beer.