NewsSchools

Hansies se hoofleiers praat prontuit

“Ek voel ’n bietjie senuagtig oor die matriekeksamen, maar ek glo as ons skouer aan die wiel sit, sal ons ’n sukses daarvan maak.”

Vir sommige matrikulante van 2020 is die inperking weens Covid-19 ’n nagmerrie en vir ander ’n tyd van selfstudie en voorbereiding vir aanstaande jaar se uitdagings.

Die Pos het met die hoofseun en -meisie van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong gesels oor hoe hulle die uitdagings van die inperkingstyd ervaar.

 

Tristan Snyman, hoofseun van die Hansies in Mookgophong.

 

Micke Hofmeyr het gesê sy hoop dat hulle genoeg voorbereidingstyd sal hê vir die skryf van die rekord- en eindeksamen aangesien daar nog baie werk gedoen moet word en hulle nie Junie-eksamen skryf nie. “Ons voel ons matriekjaar is nou daarmee heen en ons het so baie dinge beplan om ’n verskil te maak vir 2020,” het sy gesê. Daar word beplan dat die hele matriekgroep een keer per week bymekaar sal kom en mekaar ondersteun en saam bid.

“Ek voel ’n bietjie senuagtig oor die matriekeksamen, maar ek glo as ons skouer aan die wiel sit, sal ons ’n sukses daarvan maak,” het Tristan Snyman, hoofseun van die Hansies, gesê.

Vir hom is die moontlike afstel van die matriekafskeid ’n hartseersaak, want baie matrieks het reeds geld bestee en baie beplanning gedoen vir hierdie hoogtepunt in hulle lewens.

“Dit is voorwaar ’n groot teleurstelling,” het hy gesê.

Een van die dinge wat hy die meeste mis, is beslis die deelname aan sport wat nou neusie verby is vir baie matrikulante. Hy is darem bly daaroor dat hy soggens effens later kan slaap.

Albei matrieks het gesê hulle mis die eenheid as matriekvriende baie en dat dit iets is wat vir altyd verlore is.

Tristian het ook gesê hulle mis nie net vriende nie, maar verlang ook na die onderwysers en die koshuislewe. Hulle sien ook daarna uit om weer terug in die klaskamer te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button