CrimeNews

Polisie keer talle aan wat glo onwettig in land is

Twaalf vermeende onwettige immigrante het op Maandag 21 Mei in die hof verskyn nadat hulle deur die polisie aangekeer is.

Twaalf vermeende onwettige immigrante het op Maandag 21 Mei in die Bela-Bela-landdroshof verskyn nadat die polisie hulle op 18 en 19 Mei in die Bela-Bela-omgewing sonder wettige dokumentasie aangekeer het.

Die polisie het tydens die naweek, in samewerking met die verkeersdepartement, padblokkades gehou waar mense en voertuie deur-soek is, boetes uitgereik en motorryers ondersoek is vir dronkbestuur, het Matomi Moremi, provinsiale verkeerswoordvoerder, gesê. Onwettige immigrante was ook op die owerhede se lys.

Die tien Mosambiekse mans — France Rafayela Timane, Frans Khosa, Mike Belankulu, Anton Khosa, Giwawa Mashaba, Justice Mhlongo, Solly Makukula, Sarmito Tsenane, Steve Lekula en Mathatha Mhlanga — almal tussen die ouderdom van 23 en 34 is sonder enige wettige dokumente betrap, is daar tydens hul eerste verskyning in die hof gehoor.

Hulle het aangedui dat hulle hul eie verdediging sal behartig.

Die saak is uitgestel na Vrydag 1 Junie.

Twee Zimbabwiese mans, Isaac Motsayi (38) en Talent Ndlovu (26), het ook op ’n klag dat hulle onwettig in die land is, verskyn.

Hulle het egter aansoek gedoen om gratis regshulp, waarna hul saak na Maandag 28 Mei uitgestel is sodat hulle op die klag kan pleit.

Al dié mense is in aanhouding.


For free daily local news in the Waterberg, visit Die Pos/The Post.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on diepos@icon.co.za or dieposnuus@icon.co.za


 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button