Working On Fire-brandbestryders skerp hul vaardighede op by opleidingskamp
Die veld- en woudbrandbestryders van Working on Fire (WoF) van die departement van omgewingsake in Limpopo het van 2-9 Mei opleidingskampe by die Vaalwater-vliegveld, asook by die Tzaneen-skougronde, bygewoon.
Die veld- en woudbrandbestryders van Working on Fire (WoF) van die departement van omgewingsake in Limpopo het van 2-9 Mei opleidingskampe by die Vaalwater-vliegveld, asook by die Tzaneen-skougronde, bygewoon.
Die doel van die opleiding was om die brandbestryders se vaardighede op te skerp sodat hulle voorbereid is vir die moontlike brande tydens die droë winter.
Mariëtte Nicholson, basisbestuurder van die Modimolle-brandbeskermingsvereniging (FPA) en bestuurder van die WoF-spanne in Lesideng, Alma en Modimolle, het aan Die Pos gesê sy het die WoF-groepe se opleidingskampe, asook die uitpasseerparade in Vaalwater bygewoon.
Altesame 600 brandbestryders van WoF moes vir hul geelkaartopleiding geskrewe-, fiksheids- en ander praktiese toetse aflê. Daar is onder meer van hulle verwag om binne ’n sekere tyd 2,4 km te hardloop, opstote en opsitoefeninge te doen om sodoende te kwalifiseer vir die geelkaart, het Nicholson gesê.
Brandbestryders van die departement van omgewingsake kan na enige provinsie ontplooi word sodra hulle die geelkaart-opleiding suksesvol voltooi het. Dit verg, volgens Nicholson, fisieke stamina en hoë moreel om onder moeilike omstandighede die regte besluite te neem.
“WoF Limpopo-suidstreek het ’n 100% slaagsyfer behaal,” het Nicholson trots gesê. “Hulle het die driedagtoets goed geslaag en goeie dissipline, asook spanwerk aan die dag gelê.”
For free daily local news in the Waterberg, visit Die Pos/The Post.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on diepos@icon.co.za or dieposnuus@icon.co.za



