’n Gespanne situasie heers in Mookgophong waar ontevrede munisipale werkers paaie versper en buitebande aan die brand steek. ’n Woordvoerder van die groep mense het aan Die Pos gesê hulle is uiters ontevrede omdat hul salarisse hierdie maand nie betyds betaal is nie.
Inwoners is aangeraai om liefs Mookgophong se sakesentrum te vermy. Talle winkels het reeds hul deure gesluit.
Besoek ook Die Pos se Facebook-blad en hou ons dop vir meer inligting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



