Stakende munisipale werkers op Mookgophong ontwrig die dorp vir die tweede dag.
’n Woordvoerder van die stakers sê aan Die Pos hulle het steeds nie hul salarisse ontvang nie, ondanks beloftes dat hulle dit glo gister sou kry. Hy sê hulle sal aanhou staak totdat hulle geld inbetaal word. Van die stakers is baie aggressief en gooi voertuie met klippe.
Ooggetuies op die toneel beweer dat ’n bakkie sonder nommerplate die buitebande wat aan die brand gesteek word, aanry.
Besoek ons Facebook-blad en hou Die Pos dop vir meer inligting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



