CrimeNews

Nigeriër tronk toe oor dwelms

’n Nigeriër wat om asiel in Suid-Afrika aansoek gedoen het en dus wettig in die land is, is op Vrydag 25 Mei in die Bela-Bela-landdroshof tot vyf jaar tronkstraf gevonnis weens dwelmverwante misdade wat hy in die omgewing gepleeg het.

Mutaragwa Daniel Mapurute (30) het op twee klagte vir die besit en verspreiding van dwelms verskyn. Volgens ’n woordvoerder van die Bela-Bela-polisie is Mapurute in 2016 verbind met twee dwelmsake wat in Junie daardie jaar plaasgevind het.

Muturagwa is tronkstraf opgelê sonder die opsie van ’n boete.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button