Local newsNews

VLU-staatmakers by kongres vereer

Reinette Dykema en Jo Weir, twee lede van die Vroue Landbou-unie se Settlerstak, het op 16 en 17 Mei tydens die VLU-Noord kongres by Weesgerus buite Modimolle, hul 50 jaar lidmaatskapknopies ontvang.

Dykema was vir 25 jaar die tak se tesouriere en ook sameroepster vir landbou, gesondheid, en kuns en kultuur. Sy het vanjaar ook die tak se 90ste verjaardag saam gevier.

Weir, wat nie die kongres kon bywoon nie, was onder meer die tak se skakelbeampte, sekretaresse, visevoorsitter en sameroepster vir kuns en kultuur tydens haar 50 jaar as lid.

Carina Erasmus, voorsitter van die tak, het tydens die kongres ’n eerste plek ingepalm vir haar fotografie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button