LettersOpinion

Onteiening is eintlik ‘diefstal’

Diefstal is wat die regering in gedagte het en dit ontstel my baie.

Hilton Lee, Bela-Bela, skryf:

Die beginsel om grond te onteien beteken dat jy ’n persoon die reg om iets te besit ontneem sonder om hom of haar daarvoor te vergoed.

As ek ’n potlood by iemand vat en ek loop daarmee weg, dan onteien ek die persoon se reg om dit te besit. Ek steel dan die potlood.

Sou ek ’n motor van ’n persoon ontneem, ontsê ek die persoon van sy eienaarskap. Ek steel dan die voertuig.

Die onteieningstorie is presies dieselfde. Dit is diefstal. As ek iets onteien en ek gee die persoon geld vir die goed wat ek vat, dan is dit nie meer onteiening nie en maak dit my die wettige eienaar.

Diefstal is wat die regering in gedagte het en dit ontstel my baie.

Laat hulle liewers fokus op vergoeding en nie op onteiening nie.

Related Articles

Back to top button