LettersOpinion

Goeie nuus vir jongmense

"Dit is die plaaslike takke se missie om eendag te verseker dat almal wat wil studeer, kan studeer."

Marianthie van der Walt, Helpende Hand-streekorganiseerder, skryf:

Daar is goeie nuus vir jongmense wat graag in 2019 wil gaan studeer.

Solidariteit Helpende Hand se Limpopo-streek het tans 16 fondse waarmee daar gehoop word om die studiedrome van inwoners te bewaarheid.

Helpende Hand se studiefondssentrum (SFS) help studente wat nie tersiêre studies kan bekostig nie om (deeltyds of voltyds) met ’n gedeeltelik rentevrye studielening aan enige geakkrediteerde tersiêre instelling te studeer.

Dit is die plaaslike takke se missie om eendag te verseker dat almal wat wil studeer, kan studeer. Helpende Hand se rentevrye studielenings gee toekomshoop en ’n geleentheid om die armoedesiklus te verbreek. Hoe meer mense saamstaan om ons studente te help en vir hulle ’n toekoms bied, hoe meer belê ’n mens uiteindelik ook in die toekoms van ons land.

Ons wil voornemende studente, wat nie weet hoe hulle hul studies gaan betaal nie, aanmoedig om aansoek te doen. Die sluitingsdatum vir aansoeke by die meeste universiteite is Sondag 30 September. Aansoeke by Akademia sluit op Maandag 31 Desember 2018 en Sol-Tech-aansoeke vir inname in Augustus sluit op Sondag 15 Julie.

Indien studente by Sol-Tech wil inskryf vir Januarie 2019 kan hulle aansoek doen vanaf 1-31 Oktober.

Die SFS administreer tans landwyd 240 onafhanklike studiefondse ter waarde van ongeveer R164 miljoen waarmee ons vanjaar meer as 1 300 studente met rentevrye studielenings help.

Meer as R164 miljoen is die afgelope nege jaar in die vorm van rentevrye studielenings aan studente uitbetaal.

Indien daar enigiemand is wat belangstel om betrokke te raak by die groei van Limpopo se studiefondse, is hulle welkom om my vir meer inligting te bel by tel. (014) 743 1050 of tel. 082 741 7858 of stuur ’n e-pos na marianthie@helpendehand.co.za(.)

Om aansoek te doen, besoek vandag nog www.studiefonds.co.za(.)

Related Articles

Back to top button