AdvertorialBusinessNews

PROMOSIE: Gehoorgesondheid is belangrik

Wan­neer gehoor­ver­lies teen­woor­dig is, hou gehoorap­parate dus jou brein fiks.

Wanneer dit by gesond­­heid kom, staan goeie ge­hoor dik­­wels agter in die ry.

Gehoor­­g­e­sond­heid is eg­ter vol­gens Mat­thysen Ou­dio­logie baie belang­­rik en goeie ge­hoor sal selfs op ’n hoë ou­der­dom bydra tot ’n sin­­vol­le lewe.

Dié oudio­­loë lewer al vir die afge­lope tien jaar gehoor­­die­n­ste in die Water­­berg-distrik.

Die on­­der­ne­ming het perma­nente spreek­ka­mers in Modimolle, en lewer ook dienste aan inwoners van Vaal­water, Bela-Bela en Mookgo­phong. Hulle streef daarna om pro­fes­sionele, dog per­soon­like aandag, aan al hul pasiën­te te lewer.

Gehoor­sorg is vir dié oudio­loë net so belangrik soos ’n persoon se al­ge­hele gesond­heid. Volgens Matthysen Oudio­loë het navor­sing onder meer getoon dat ouer vol­wassenes met gehoor­verlies drie keer meer geneig is om te val as mense met goeie gehoor. Men­se met matige gehoor­ver­lies se lewens­ver­wag­ting is ook kor­ter as diegene wat goeie gehoor ge­niet.

Die navor­sing het ver­der ge­toon dat per­sone wat 70 jaar en ouer is en gehoor­ver­lies ervaar, se kognitiewe vermoëns 30 tot 40% vinni­ger ag­teruit­gaan in vergely­king met hul portuur­groep sonder gehoor­ver­lies. Volwassenes met onbe­handelde gehoor­verlies is ook meer geneig tot deperes­sie, angstig­heid en paranoia as hul portuur­groep wat gehoor­appa­rate gebruik.

Volwassenes met onbe­handelde ernstige gehoor­ve­rlies is vyf keer meer ge­neig om demensie te ontwik­kel en daar is ook ’n bedui­den­de ver­want­skap tussen hoë bloed­druk en onbehan­del­de gehoor­ver­lies.

’n Mens hoor met jou brein, en nie jou ore nie. Wan­neer gehoor­ver­lies teen­woor­dig is, hou gehoorap­parate dus jou brein fiks. Dit maak dit makli­ker om aan sosiale ak­ti­witeite en interak­sies deel te neem, wat die brein stimu­leer en kog­ni­tiewe ag­teruit­gang beperk.


Beleef beter ge­hoor van­dag. Bel Matthysen Oudio­logie by tel. (014) 717 1139.
Facebook: Matthysen Audiology

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button