LettersOpinion

Rugby! Watse rugby?

Beroepsrugby het alle plesier uit hierdie sportsoort gehaal.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Oudpres. C.R. Swart het geglo vir die Springbokke om te wen, moet daar altyd ’n boer, ’n Jood en ’n polisieman in die span wees.

Ongelukkig het beroepsrugby alle plesier uit hierdie sportsoort gehaal.

Die liefde vir dié spel ken egter geen perke nie. Selfs ’n oorlog kon ’n rugbywedstryd nie stuit nie. ’n Skietstaking is op 29 April 1902 tydens die Anglo-Boereoorlog, tussen 12:00 en sononder, op Okiep afgekondig sodat die Engelse en Boere mekaar op die rugbyveld kon takel. Dit is nie bekend wie gewen het nie.

Daar is seker nog boere wat die “Tabakboer Special” wat gedurende die vyftiger- en sestigerjare boere na rugbywedstryde vervoer het, onthou. En wat het van die gedokterde nartjies geword?
Nee wat, alle sport is uit rugby gehaal!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button