Local newsNews

Luukse lodge buite Bela-Bela in brand verwoes

’n Luukse privaat lodge, geleë in Makhato Bushlodge op die Sondela-natuurreservaat buite Bela-Bela, is Saterdagaand 30 Junie in ’n brand verwoes.

Volgens Brian Blake, voorsitter van die raad van trustees van Makhato, het die brand vermoedelik binne-in die grasdaklodge ontstaan, maar danksy die vinnige optrede van Makhato- en Sondela se brandbestrydingspanne, asook die Nylstroom-nooddienste, kon daar verhoed word dat die brand verder as die lodge versprei.

Niemand is tydens die brand beseer nie. Die oorsaak na die brand word nog ondersoek.

Foto’s: Hennie Ludik

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button