Local newsNews

Rus sag, ‘Wilna van Die Pos’

“Ek onthou hoe ons altyd op Ouma se skoot gaan sit het en dan geweet het dat ons nie by ma-hulle sou pak kry nie.”

Wilna Cronjé (75), ’n bekende oudwerknemer van Die Pos, is op Maandag 2 Julie in die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria weens orgaanversaking oorlede.

Cronjé was Deoné Botha, Die Pos se vorige finansiële beampte wat in 2017 aan ’n hartaanval oorlede is, se ma. Wilna en Deoné het jare lank saam by Die Pos gewerk.

Wilna het vir al drie koeranteienaars gewerk: Eugene en Nicola Diener, Danie Stolz en die huidige eienaars Keina Swart en Bea Emslie.

Sy het destyds na Bela-Bela verhuis nadat haar man, Maurice, oorlede is.

Haar kleindogter, Zené Koch, het die afgelope week gesê “ouma Wilna” was die gesin se tweede ma.

“Ek onthou hoe ons altyd op Ouma se skoot gaan sit het en dan geweet het dat ons nie by ma-hulle sou pak kry nie,” het sy gespot. “Sy was altyd ’n bok vir sports en het nooit omgegee wat ander mense van haar gedink het nie. Sy het elke oomblik voluit geleef en die beste daarvan gemaak.”

Haar begrafnis vind op Vrydag 6 Julie om 11:00 vanuit die NG Warmbad Wes-gemeente in Bela-Bela plaas.

Sy laat haar twee broers, seun Juan (wat ook in ’n stadium saam met sy ma en sus Deoné by Die Pos gewerk het), haar skoonseun Andries Botha en vyf kleinkinders agter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button