’n Jong inwoner van Modimolle het op Donderdag 21 Junie deelgeneem aan die junior provinsiale kommissarisdebat. Janique Erasmus, ’n gr. 9-leerder aan Hoërskool Nyl-stroom, was algeheel tweede in die Modimolle-kring wat uit ses gebiede bestaan. Die kinders het gepraat oor hoe hulle die uitdaging van dwelms en alkoholmisbruik sal hokslaan. Sy neem weer op Woensdag 25 Julie deel aan die provinsiale uitdunne. Op die foto is sy saam met sers. Anna Monyela van die polisie.