LifestyleRecipes

Marokkaanse kos in Mookgophong

’n Vleisgeregte is vir enige boer die hoogtepunt van ’n maaltyd.

Jurie Müller van Mookgophong is ’n boer in murg en been en hou daarvan om heerlike vleisgeregte op eg Marokkaanse manier te maak. Hy gebruik ’n tagine om die gemarineerde vleis gaar te maak.

 

Jurie Müller hou daarvan om met die Marokkaanse tagine bees of skaapvleis gaar te maak.

 

Om die vleis in ’n tagine gaar te maak neem tyd en baie geduld, het hy gesê. Die gaarmaakproses in die tradisionele keramiekpot kan drie tot vier uur duur, maar dit is volgens hom beslis die moeite werd om te wag. Die keramiekbak en kegelvormige deksel word eers vir ’n uur in water geweek en geen water word verder in die gaarmaak-proses gebruik nie.

Die potte word in Marokko met die hand gemaak en elke pot het ’n vingerafdruk van die persoon wat dit gemaak het.

Bestanddele:

  • 1 kg blokkiesvleis (bees of skaap)
  • 1 pakkie (250 g) Turkse gedroogte appelkose (week eers ’n bietjie in water)
  • Repies ingelegde Marokkaanse suurlemoen
  • 1 eetlepel komyn
  • 1 eetlepel dragon
  • 3 kardamomsade
  • 1 steranys
  • 1 kaneelstokkie
  • 1 eetlepel Marokkaanse speserye
  • Sout en swartpeper na smaak (verkieslik Maldon-sout)
  • Saffraan indien beskikbaar (baie duur)
  • Knoffel
  • Genoeg olyfolie (ongeveer 175 ml)
  • Vars gekapte Italiaanse pietersielie, vars tiemie en roosmaryn
  • Aartappels
  • Wortels
  • Klein mielies

Metode:

  1. Marineer die bees- of skaapvleis vir ongeveer een uur in die speserye. Daarna word die vleis in die Marokkaanse tagine gaar gestowe. (Die pot word nie sommer oopgemaak nie sodat die stoom nie kan ontsnap nie.)
  2. Pak ’n ui in ringe gesny onder in die tagine en dan die vleis.
  3. Plaas die tagine op lae hitte op ’n gasplaat. Geen direkte vlam nie.
  4. Stoom vir twee uur en voeg dan aartappels, wortel en klein stukkies mielie by. Stoom tot gaar. Wanneer gaar bedien met koeskoes.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button