CrimeNews

Polisie toon geen genade met dwelmklagte

Die polisie in Modimolle het die afgelope maand aansienlik meer mense in hegtenis geneem weens dwelmverwante klagte as dieselfde tyd verlede jaar.

Dié sukses kan volgens AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, toegeskryf word aan ’n onverdraagsame houding teenoor die soort misdade, asook gereelde stop-en-deursoek-aksies. Verskeie mense het agter tralies beland nadat die polisie inligting wat aan hul verskaf is, opgevolg het.

Volgens Findlay is dagga en nyaope die dwelms wat in Modimolle die algemeenste probleem is.

“Die dwelms word meestal van buite die gebied ingebring vanwaar dit hier deur iemand anders verder versprei word,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button