Local newsNews
Historiese begraafplaas in Bela-Bela gaan weer opgeknap word
Die bewaring van geskiedkundige plekke, veral begraafplase, geniet deesdae aandag danksy die Veg vir jou Afrikaner-geskiedenisgroep wat geskiedkundige plekke regoor die land besoek en netjies maak.

Quentin Meyer, stigter van die groep, het gesê hulle beoog om Bela-Bela te besoek om die Voortrekker-begraafplaas agter die Bela-Bela-munisipaliteit weer skoon te maak.
Bekende voortrekker Andries Pretorius se vrou, Christina Pretorius, is daar begrawe.
Die datum wanneer die opknapping plaasvind, moet nog bekendgemaak word.
Dit sal waarskynlik op ’n Saterdag plaasvind. Mense wat graag betrokke wil raak, kan vir Meyer bel by tel. 082 304 8985.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



