Nylies byt die spit af in rugbyfinaal
Hoërskool Nylstroom se o.16-rugbyspan het op Saterdag 21 Julie in die Limpopo-rugbyfinaal teen Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa verloor.
Die Nylies is as naaswenners gekroon en speel op Saterdag 28 Julie tuis in die eerste ronde van die Virseker Beker teen Hoërskool Hoogenhout van Bethal. Foto’s: Herman Steyn




