
Modimolle Christian Academy (Modicademy) het hul leerders uitgedaag om hul eie persoonlike projek tydens die week aan te pak.

“Ons het gevra die kinders moes hul projekte self beplan en uitvoer en hulle het inspirerende projekte aangepak. Dit was nie verpligtend nie, maar het alles uit hul harte gekom.
“Hulle het daardeur die gemeenskap om hulle geraak,” het Lourin Viljoen, skoolhoof, aan Die Pos gesê.
Die jonger leerders se projekte het gewissel van die bure se skottelgoed gaan was, vullis in parkies opruim, groente wat hulle self geplant het en met ander deel, minderbevoorregte kinders besoek en lekkergoed uitdeel, klere aan minderbevoorregtes gee en herwinning.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



