GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Hoërskool Nylstroom skop die nuwe kwartaal in volle vaart af. Die skool verwelkom ’n nuwe sekretaresse, Anita du Toit. Sy is reeds 14 jaar lank ’n inwoner van die dorp en het twee dogters. Bianca is in gr. 10 en Anja is ’n tweedejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria.
Amanda Janse van Vuuren, skoolhoof van Jinnah Park Primary, het op Maandag 23 Julie verjaar. Die skool se personeel en leerders het haar lekker bederf op dié dag en wens haar nog baie geseënde jare toe. Foto: Herman Steyn
Lynette Erasmus is ’n nuwe onderwyser by Hoërskool Nylstroom. Sy bied Afri-kaans vir die gr. 8- en 10-leerders aan, asook Afrikaans eerste addisionele taal vir gr. 8-leerders. Sy het voorheen by Laerskool Nylstroom, die Waterbergskool vir CVO en by Barberton Primary School skoolgehou. Erasmus het ’n BA-graad in ekonomie en bestuurswetenskappe en het daarna Afrikaans en Engels studeer. Sy het ’n nagraadse onderwyssertifikaat behaal en het reeds nege jaar onderwyservaring op haar kerfstok.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button