Die Pos het by betroubare bronne verneem dat konstabel Douglas Mafuna (38) glo nie amptelike toestemming gehad het om die voertuig te bestuur nie.
Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag gesê Mafuna het reeds op Maandag 7 Augustus in die Modimolle-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur, asook ’n aanklag van dronkbestuur.
Die hof het borgtog van R500 aan hom toegestaan.
Ngoepe wou nie meer inligting oor die saak bekendmaak nie.
Mafuna se saak is na Vrydag 7 September uitgestel vir verdere ondersoek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



