Local newsNews
Ecofocus se Gert verloor kankerstryd
’n Bekende in veral landboukringe in die Waterberg, Gert Fourie (51), is die afgelope week in die Phodi-kliniek (voorheen die St. Vincent’s-hospitaal) in Bela-Bela oorlede nadat hy sowat 18 maande gelede met kolonkanker gediagnoseer is.
Gert en sy vrou, Nanette, het saam die onderneming Ekofocus bedryf.
Hy word oorleef deur sy ma Rita Fourie, skoonouers Neels en Nannie Venter, sy vrou Nanette en drie kinders Konradt en Quinton (albei leerders aan Laerskool Warmbad) en Zuanitta (’n leerder aan Bosveld Academy.
Teen druktyd was geen begrafnisreëlings nog getref nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



