CrimeNews

Bande-diewe slaan weer toe

Skaars ’n week nadat die polisie en gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) hulle kommer oor die vlaag misdaad in Bela-Bela uitgespreek het, het Mark en Elize Maguire ook deurgeloop nadat diewe hulle Ford Ranger se vier bande in die vroeë oggendure van Woensdag 29 Augustus in Apiesdoringlaan gesteel het.

Die diewe het toegang tot die erf gekry deur die elektroniese hek oop te breek en het die bakstene in die erf gebruik om die bakkie te lig.

Die polisie meen dat diewe daarop uit is om 17 duim-bande te steel. Inwoners wat verdagte aktiwiteite opmerk, kan die Bela-Bela-polisie kontak by tel. (014) 736 9760/1.

Vir die Plaaslike reaksiespan (RSRT) kan hulle vir Gerhard Olivier bel by tel. 079 527 9988of vir Alex Poalses by tel. 083 252 3030 of Janes Boshoff, voorsitter van die AfriForum-tak in die dorp, by tel. 072 492 7087.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button