CrimeNews

Nog ’n winkeleienaar vermoor

Nog ’n eienaar van ’n winkel in Mookgophong is op Saterdagaand 25 Augustus koelbloedig in sy winkel, David’s Tuckshop, vermoor.

Dit volg nadat ’n buitelandse eienaar van ’n winkel in die hoofstraat van die dorp op Woensdag 20 Junie ook op ’n kort afstand noodlottig gewond is nadat rowers hom geskiet het.

Die eienaar van David’s Tuckshop, ’n 33-jarige man van Pakistan, is Vrydagaand om ongeveer 20:30 deur gewapende rowers in sy winkel in Uitbreiding 5 doodgeskiet.

Volgens AO George Ledwaba van die polisie in Mookgophong is hy op ’n kort afstand met ’n pistool in die bors geskiet. Die slagoffer was tydens die gebeure alleen in die winkel en het op die toneel gesterf.

’n Onbekende hoeveelheid gewapende mans het die winkel binnegekom en hom beveel om geld aan hulle te gee. Volgens Ledwaba het een van die rowers die eienaar sonder om te huiwer geskiet voordat hy enige geld kon oorhandig. Hy is drie keer in die bors geskiet. Dit is nog nie duidelik of roof die enigste motief vir die moord was nie. Die rowers het van die toneel gevlug sonder om iets te buit. Die polisie in Mookgophong ondersoek die saak, maar niemand is nog aangekeer nie. Die polisie wou nie die slagoffer se naam bekendmaak nie aange-sien die ondersoek baie sensitief is.

  • In ’n ander geval is die kuierplek, Rrabatho, in die vroeë oggendure (02:00) van Maandag 27 Augustus deur vyf gewapende mans van voorraad en kontant beroof. Die rowers het probeer om die kluis oop te sny, het die polisie gesê. Die ondersoek duur voort en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button