Alma Hoon se foto “Koorsboomweerkaatsing” het tydens die Warmbad-fotografieklub se September-byeenkoms ’n merietetoekenning in die driesterafdeling gewen. Die Warmbad-fotografieklub vergader elke eerste Dinsdag van die maand in die AP-kerksaal op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan. Vir meer inligting bel vir Lucille Swart by tel. 076 349 2554 of vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.