Local newsNews
Pssssst! Wat is daar onder jou bed?
Die Waterberg-omgewing se slangvangers het op Saterdag 8 September ’n paar gevaarlike kalante gehanteer.

Op die foto is Cor Viljoen, Johan Koch, Theunis Victor en LD Pienaar.
Victor het op Maandag 3 September ’n oproep gekry om ’n groot wipneus-kobra by ’n onderneming in Modimolle te verwyder waar hulle besig was om grasbale te laai.
Victor het die kobra gevang en nog een onder dieselfde baal raakgesien.
“Gelukkig het die mense die slange raakgesien en kon hulle veilig verwyder word,” het hy gesê.
Inwoners kan tel. 082 823 6910 skakel as een van die slangvangers ’n slang moet verwyder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



