Local newsNews

Plaaslike boere wys hul staal by kongres

“Julle bywoning, spontane deelname en deelname aan kompetisies maak my opreg trots om met julle saam te werk.” — Henk van de Graaf

Die jaarlikse Transvaal Landbou Unie-kongres (TLU) het op Woensdag 19 September in Pretoria plaasgevind en lede van die Potgietersrus Distrikslandbou-unie (DLU) het weer ’n paar trofeë gewen.

Die Potgietersrus DLU is die oorkoepelende verteenwoordiger van landbouers in die Crecy-, Elders-, Hanglip-, Mookgophong- en Sterkfontein-omgewing en is geaffilieer by TLU SA.

Johan de Beer (links) van die Potgietersrus DLU, saam met TLU SA se president Louis Meintjies wat die presidentstrofee vir jongboerbetrokkenheid aan hom oorhandig het.

 

Henk van de Graaf, Noord-streekvoorsitter, het almal bedank wat vanjaar TLU SA se kongres bygewoon het.

“Julle bywoning, spontane deelname en deelname aan kompetisies maak my opreg trots om met julle saam te werk. Die Noordstreek het, soos in die verlede, baie goed gevaar in al die kompetisies. Wat ek veral opgemerk het, is die manier waarop boereverenigings en DLU-personeel mekaar aanspoor om aanstaande jaar ook in te skryf.”

Johan de Beer van Mookgophong het die presidentstrofee vir jongboerbetrokkenheid ontvang. Dié trofee word toegeken aan ’n jong boer met die fokus op betrokkenheid by struktuur en die gemeenskap, asook leierskap wat in die struktuur geopenbaar word.

Die Potgietersrus DLU het die trofee ontvang vir die DLU of boerevereniging wat die beste administratiewe en organisatoriese vermoëns toon.

Renita Prinsloo, sekretaresse van die Potgietersrus DLU, het die trofee ontvang vir die sekretaresse of sekretaris wat vir die beste georganiseerde en doeltreffende kantoor verantwoordelik is. Die doel van dié trofee is om administratiewe personeel aan te spoor en erkenning te verleen aan die belangrike rol wat hulle in die TLU SA se aktiwiteite speel.

Die Crecy-boerevereniging het die trofee ontvang vir die boerevereniging wat die beste administratiewe en organisatoriese vermoëns toon.

Die Kiepersol-kompetisie evalueer projekte wat aangepak is om die publiek bewus te maak van die rol van landbou en georganiseerde landbou in die gemeenskap en die Potgietersrus DLU het die trofee daarvoor ontvang vir sy veiligheidsprojek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button