LifestyleRecipes

Heerlike pampoenpoffers

Daar is baie idees en resepte wat ’n mens kan uittoets om groentegeregte interessant en lekker te maak, wat veral kinders lief sal maak vir groente.

Gerhardus Lottering van die Mad Coffee-winkel in Bela-Bela het dié eenvoudige, maar lekker pampoenpofferresep met Die Pos gedeel.

Bestanddele:

  • 750 ml gaar fyngemaakte pampoen
  • 2 groot eiers
  • 500 ml bruismeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • Olie vir diepbraai

Stroop:

  • 500 ml suiker
  • 250 ml water
  • 125 ml melk
  • 60 ml margarien
  • 10 ml mielieblom met ’n bietjie koue water

Metode:

  1. Meng al die bestanddele, behalwe die olie, goed saam.
  2. Braai lepels vol van die beslag in warm, diep olie tot bruin.
  3. Dreineer op kombuispapier.
  4. Pak poffertjies in ’n glasbak.

Stroop:
Kook al die bestanddele saam totdat die suiker opgelos het. Gooi oor die gaar poffertjies.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button