Local newsNews

Oudleerder van Modimolle se sketse in stad uitgestal

’n Oudleerder van Hoërskool Nylstroom se kunswerke is tydens ’n kunsuitstalling by ’n galery in Pretoria uitgestal.

Naas du Plessis se houtskoolsketse van bosveldbome, asook verskeie ander sketse wat die ontwerpe van kloktorings in groot stadsale regoor die land insluit, is tydens die Architects as Artists-uitstalling op Vrydag 28 September by die Trent-galery in Waterkloof uitgestal.

Du Plessis, wat in 2003 gematrikuleer het, sê hoewel tegnologie argitekte se werk vergemaklik, dit vir hom ’n passie is om die tegniek van handsketse aan die lewe te hou.

Een van sy sketse van ’n Bosveldboom hang trots in die sitkamer van sy oupa, dr. Natie van Vuuren, ’n inwoner van Bosveldsig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button