CrimeNews

Polisiebeamptes terug by die werk ondanks ernstige aanklagte

Luidens die klagstaat het al vier reeds hul borgtog betaal.

Die vier Bela-Bela-polisiebeamptes wat deur die lede van die direktoraat vir voorkeurmisdaadondersoeke (Valke) in hegtenis geneem is op aanklagte van korrupsie, gewapende roof en ontvoering is na verneem word terug by die werk.

Dié verwikkeling kom kort nadat die Bela-Bela-landdroshof die vier, sers. Humbulani Mulaudzi (39), konst. Hlengani Jan Maswanganyi (33), konst. Sibusiso Wimpy Makwela (37) en konst. Simon Sebelebele (40), op Dinsdag 2 Oktober op borgtog van R5 000 elk vrygelaat het.

Luidens die klagstaat het al vier reeds hul borgtog betaal.

 

Sers. Humbulani Mulaudzi (39)

Kol. Lindie Marx, Bela-Bela-stasiebevelvoerder, het aan Die Pos gesê noudat hulle uit is op borgtog moet die vier ’n vertoë rig aan ’n paneel wat uit hooggeplaastes in die polisie bestaan oor waarom hulle nie in terme van die polisie se dissiplinêre regulasie van 2016 geskors moet word nie.

Konst. Simon Sebelebele (40)

 

Die vier beamptes moet volgens dié regulasie terug wees by die werk totdat daar besluit word of hulle geskors sal word of nie, het Marx gesê.

Konst. Hlengani Jan Maswanganyi (33)

 

Die dokumente is reeds op hulle beteken en hulle moes teen druktyd op Woensdag 10 Oktober om 12:00 hul vertoë aan die hooggeplaastes deurgestuur het.

Die vier is op verskillende tye die afgelope maand in hegtenis geneem nadat ’n klaer na vore gekom het met inligting dat die beamptes hom glo ontvoer en omkoopgeld gevra het, het kapt. Matimba Maluleka, Valke-woordvoerder, vroeër gesê.

Die beamptes het die klaer glo op Vrydag 7 September vanaf ’n plaaslike dobbelplek vergesel, waar hulle glo gedreig het om hom van geldwassery aan te kla indien hy nie omkoopgeld aan hulle betaal nie.

Die beamptes het die man in ’n verlate huis buite die dorp gelos, lui die klagstaat. Die omkoopgeld beloop R190 000, het Maluleka gesê.

Die Pos het hul borgtogvoorwaardes verlede week onder oë gehad.

Die vier moet elke Vrydag tussen 06:00 en 18:00 by die Bela-Bela-polisiestasie aanmeld, hulle mag nie met die getuies inmeng nie en mag nie twee huisadresse in Phaga-meng in Modimolle, asook een adres in die Bela-Bela-township, besoek nie.

Sou hulle dié bevel oortree, kan daar ’n lasbrief vir hul inhegtenisname goedgekeur word, luidens die klagstaat.

Die vier sal weer op Vrydag 9 November in die Bela-Bela-landdroshof verskyn.

Hul sake is uitgestel vir verdere ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button