’n Groep leerders van Phagameng High School is op Maandag 10 September heerlik bederf. Gedurende ’n besoek aan die skool in Augustus om sanitêre doekies uit te deel, het DA-raadslede Sarna Groenewald en Nadine Laubscher by Anna Matsena, die maatskaplike werker, gehoor dat daar talle leerders is wat sonder die bystand van hul ouers skool moet voltooi. Van die kinders woon op hul eie en ander by familie. Die raadslede en vyf van die leerders het gaan inkopies doen om skoolklere, ontspanningsklere en skoene te koop. Die dag is afgesluit met ’n ete by ’n plaaslike restaurant. Die inkopies is geborg deur skenkers van die dorp. Op die foto is Laubscher, Groenewald en Matsena.