Local newsNews

Vrywilligers van Kansa leer meer oor kanker

Die span vrywilligers van Kansa in Modimolle het onlangs meer te hore gekom oor ovariale kanker.

Dr. Hattingh Basson, ’n afgetrede ginekoloog, het sy kennis oor dié kanker van die eierstokke gedeel.

Volgens hom word dit gewoonlik eers op ’n laat stadium ontdek omdat daar nie vroeë simptome is nie. Daar is ook nie siftingstoetse beskikbaar wat dit vroeg kan opspoor nie.

Die beste metode is ’n sonarondersoek deur die geneesheer by vroue wat nog eierstokke het. Die aangetaste eierstokke sal tydens ’n operasie verwyder word waarna verdere behandeling nodig sal wees.

In hoërisikogevalle kan die eierstokke ook voorbehoedend verwyder word.

Behandeling kan suksesvol wees indien dit vroeg opgespoor word. Vir meer inligting kan sr. Wilna van den Heever van Kansa gebel word by tel. (014) 717 3950.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button