Die Blyers en Glyers van Hoërskool Warmbad het mekaar op Donderdag 18 Oktober op die sportveld uitgedaag. Die skool se mans- en vrouepersoneel, asook die seuns- en meisieleerders, het teen mekaar in hokkie, sokker, netbal en rugby uitgedraf. Op die foto koes ’n paar leerders vir die hokkiebal tydens die eerste hokkiewedstryd tussen die seuns en meisies.