Local newsNews

Plaaswerkers bemagtig by opleidingsdag

“Ons verwag soms baie van ons werkers sonder dat hulle opgelei is om dit te doen. Hulle moet ploeg, voertuie onderhou, bokke slag en elektriese werk doen.”

Die buitelug “klaskamers” was weer volgepak met gretige leerders tydens die gewilde opleidingsdag vir plaaswerkers wat op Woensdag 10 Oktober by Castle de Wildt buite Modimolle plaasgevind het.

Dit was die negende opleidingsdag wat deur Wildlife Rancing South Africa se Naboomtak (WRSA Naboom) aangebied is. Sowat 200 werkers en plaasvoormanne het die opleiding bygewoon.

Dié opleidingsdag se sukses het ander organisasies geïnspireer en WRSA Suurberg in die Oos-Kaap en WRSA Thabazimbi en Pilanesberg het soortgelyke dae geloods.

“Ons verwag soms baie van ons werkers sonder dat hulle opgelei is om dit te doen. Hulle moet ploeg, voertuie onderhou, bokke slag en elektriese werk doen. Dié opleiding bevoordeel die werker, asook die plaaseienaar,” het Ellalien Davey, een van die organiseerders en wildboer, gesê. “Werkers se produktiwiteit word nou verhoog en instandhouding en die herstel van toerusting word dadelik gedoen. Ons sien vanjaar dat plaaseienaars ook hul voormanne gestuur het omdat die werkers wat die kursus bygewoon het, die voormanne ’n ding of twee kon leer!”

’n Uitnodiging na die opleidingsdag is ook aan die nasionale departement van omgewingsake gerig en ’n verteenwoor-diger het die dag bygewoon, het Davey gesê.
Die kursusse, wat gratis vir werkers aangebied word, word op eie onkoste deur ondernemings aangebied.

Die kursusse word in twee dele aangebied, naamlik mega-niese- en jagonderwerpe.

Die opleidingsdag word twee keer per jaar gehou en werkers roteer tussen die meganiese- en jagonderwerpe.

“Ons poog om die klasse in drie tale aan te bied, Afrikaans, Engels en Tswana of Sotho.

Die Bosveld Jagters- en Wildbewarings-vereniging (BJV) het ingespring om werkers in die jagbedryf op te lei.

Volgens Willem van Deventer van BJV is dit baie belangrik dat werkers wat gewoonlik op plase as spoorsnyers en gidse tydens jagtogte optree, ’n goeie begrip van jag-etiek, asook basiese kennis van noodhulp, sal hê.

“Die inhoud van die lesing oor jagetiek wat deur Bryan Hyland aangebied is, het hoofsaaklik gehandel oor die etiese reëls wat die eienaar van die wildsplaas van jagters vereis en wat op sy plaas toegepas word.

Basiese kennis van die behandeling van skok, brandwonde, sonsteek, hitteuit-putting en die voorkoming daarvan is behandel. Kursusganger het ook meer geleer oor slang-, insek- en spinnekopbyte en die noodbehandeling daarvan, is aan die werkers oorgedra.

Dié lesing is deur Barend Lombaard aan-gebied,” het Van Deventer gesê.

Die plaaswerkers het ook opleiding ontvang in die onderhoud van trekkers en batterye, die herstel van gebarste pype, die identifisering en behandeling van siektes onder wild en wetgewing ten opsigte van die jag en vervoer van wild.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button